Dozi (gebore Hendrik Opperman op 23 Maart 1964) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat oor kultuurgrense bekend is vir sy Afrikaanse, Engelse en Zoeloe optredes. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd ('n heropname), Tussen Jou en My, Staan Net 'n Bietjie Stil en Maybe my Baby.

Dozi is gebore in Hluhluwe in Natal en het al op 'n vroeƫ ouderdom begin sing. In 1999 word sy eerste album, "Mercy", vrygestel. Die album is in Zoeloe opgeneem. Sy tweede album, "Op Aanvraag", word in 2001 in Afrikaans uitgegee.

Source: Wikipedia